Agtergrond
Om leerders positief te motiveer en voor te berei om suksesvolle volwasse burgers van die land te wees hou Primêre Skool Jim Fouché aan die leerders die sewe waardes voor. Verder word ge-implimenteer drie vlakke van vergoeding vir die aanleer en uitleef van goeie waardes.
Sewe Waardes
Alhoewel hierdie nie die enigste waardes is wat belangrik is nie, konsentreer ons op hierdie sewe waardes:
Liefde
Eerlikheid
Verantwoordelikheid
Respek
Vriendelikheid
Lojaliteit
Deursettingsvermoë
Vlak 1 – Gedrag
Leerders ontvang knopies wat soos die voorbeelde hierbo lyk. Die personeel identifiseer leerders wat daarvoor kwalifiseer. Hierdie vlak is gemik op gedrag.
Vlak 2 – Akademie
Leerders ontvang knopies wat soos die voorbeelde hierbo lyk. Die personeel identifiseer leerders wat daarvoor kwalifiseer. Hierdie vlak is gemik op gedrag.
Vlak 3 – Koring-Korrel-Gedrag-Toekenning vanaf Aartjie
Nadat leerders geen strafkaart ontvang het gedurende die jaar nie kry die leerder ‘n Koring-Korrel-Gedrags-Toekennig.
Vlak 4
Verjaarsdagboekmerkies word deur die Hoof individueel aan leerders in die hoof se kantoor uitgedeel. Die boekmerkies het die waarde wat met die graad geassosieer word op en die leerder kan dit as ‘n herinnering oor sewe jaar versamel.