PSJF_Icon

Welkom by
Saailand Preprimêre Skool

Deel van die Jim Fouché-familie

By Saailand glo ons elke kleuter is uniek en kosbaar. Ons bied ’n veilige, liefdevolle en gestruktureerde omgewing waar kinders speel-speel leer en ontwikkel.

Ons fokus op holistiese groei – akademies, sosiaal en emosioneel – en berei ons maatjies deeglik voor vir hul formele skoolloopbaan.

Met toegewyde personeel, Christelike waardes en Afrikaans as onderrigtaal, stap ons saam met elke kind die eerste, belangrike tree van hul skoolreis.

Belangrike Dokumente

Aansoekvorm

Reëls & Regulasies

Hoekom Saailand Pre-Primer?

Klein klasse

Ons kleiner klasgroottes verseker individuele aandag en ruimte vir elke kind om op sy of haar eie tempo te ontwikkel.

Skool-gereedheidsfokus

Ons berei leerders doelgerig voor vir Graad 1 deur sterk grondslagvaardighede in taal, syfervaardigheid en selfstandigheid te ontwikkel.

Speelgebaseerde leer

Ons glo dat kinders die beste leer deur doelgerigte spel wat nuuskierigheid, kreatiwiteit en selfvertroue ontwikkel.

Veilige en beskermde omgewing

Ons kampus bied ’n veilige, gestruktureerde ruimte waar kinders met gemoedsrus kan leer en speel.

Noue ouer-skool vennootskap

Ons werk hand aan hand met ouers om elke leerder se groei en welstand optimaal te ondersteun.

Gekwalifiseerde liefdevolle personeel

Ons toegewyde en ervare personeelspan beskik oor die nodige kwalifikasies en ’n opregte passie vir vroeë kinderontwikkeling.

Saailand Personeel

Antonette du Plessis
Skoolhoof
Ezaan Fourie
Finansies
Bernize Du Plooy
Ontvangs
Jan De Klerk
Terreinbestuurder
Heather Kellerman
Pre Gr R Senior Juffrou - Pikkewynklas
Chenelle Du Toit
Pre Gr R Senior Juffrou - Olifantklas
Linda Heslop
Pre Gr R Senior Juffrou - Bytjieklas
Shani Nel
Pre Gr R Snr Assistent - Bytjie & Olifant
Martie Schoeman
Pre Gr R Snr Assistent - Hondjie & Woud
Zelna Du Preez
Pre Gr R Junior Juffrou - Meerkatklas
Emmerentia Haupt
Pre Gr R Junior Juffrou - Skilpadklas
Chantele Fourie
Pre Gr R Junior Assistent - Skilpad & Meerkat
Annerine Angerer
Gr R Juffrou - Hasieklas
Henriëtte Du Toit
Gr R Juffrou - Skapieklas
Leona Greeff
Gr R Juffrou - Katjieklas
Loné Oosthuizen
Gr R Juffrou - Woudlandklas
Helena Pienaar
Gr R Juffrou - Hondjieklas
Jonelle Du Plessis
Gr R Assistent - Hasie & Skapieklas
Bettie Maritz
1-2 Jarige Assistent - Apieklas
Sonja Leyding
2-3 Jarige Assistent - Dinoklas
Tanita Terblanche
2-3 Jariges Juffrou - Koalaklas
Hannetjie Rossouw
2-3 Jariges Juffrou - Dinoklas
Christie Schmidt
Assistent - Katjiesklas & Pikkewyn
Hannelie Welsh
Baba Juffrou - Kabouterklas
Ella Reynders
Senior Baba Juffrou - Apieklas
Chris-Mari Barnard
Middagsorg
Denise Horn
Middagsorg
Anienka Schreüder
Middagsorg
Charlene De Klerk
Kombuis
Abigaile Motampane
Kombuis Assistent
Maipato Mofokeng
Skoonmaker/Algemeen
Lisbeth Molekane
Skoonmaker/Algemeen
John Maerman
Terreinwerker
Jacob Mojakisane
Terreinwerker
Thabo Sokulisa
Terreinwerker

Fasiliteite en Omgewing

Ontwikkelingsgerigte Buitespeelarea

Ons ruim buitespeelarea met kunsgras, oop speelruimte en goed toegeruste klimrame en speelapparaat bied kinders die geleentheid om veilig te ontdek, beweeg en hul grootmotoriese vaardighede te ontwikkel.